Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 17 DESEMBER 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Die bulletin word deur ZS6JPL via Echolink herlei. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

OPNAME VAN TOESTELLE WAT STEURINGS VEROORSAAK

OKTOBER RAE DOKUMENTE

en

LOGBOEK VAN DIE WÊRELD VOEG ONDERSTEUNING BY VIR DIE CQ WAZ TOEKENNING

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

OPNAME VAN TOESTELLE WAT STEURINGS VEROORSAAK

Radio-amateurs word uitgenooi om bydraes te lewer tot 'n opname van toestelle in jou huis- en radiokamer wat stygings in die geraas vlak in die RF-spektrum kan veroorsaak.

Tydens die sitting van die Internasionale Spesiale Komitee oor Radio Steurings (CISPR) [uitgespreek as cisper wat rym met die Engelse whisper] in Hangzhou, Sjina het die IARU 'n vraag gestel of die toenemende aantal elektroniese toestelle in huishoudings behoorlik weerspieël word tydens die bepaling van perke vir enkel produkte. Die bestuurskomitee het die kwessie bespreek en tot die gevolgtrekking gekom dat die aantal toestelle wat in 'n sekere omgewing gebruik word, nie in die standaarde weerspieël word nie en dat die aantal toestelle wat in gebruik is, in sommige gevalle baie moeilik geskat kan word.

Die bestuurskomitee het verder tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie kwessie nie triviaal is nie en dat meer navorsing nodig is voordat enige konsep van aanpassing van perke om rekening te hou met veelvuldige steurings bronne in die limiet bepalingsproses ingesluit kan word. CISPR-lede word gevra om enige inligting te verskaf wat gebruik kan word om die impak op radio ontvangs te bepaal deur die toenemende aantal elektroniese toestelle wat gebruik word.

Dit is wat die SARL wil hê jy moet doen is - Kyk in en om die huis en lys al die toestelle wat jy beskou as toestelle wat die bron van steurings op die radiospektrum kan wees. Die volgende is 'n lys van moontlike probleem bronne: selfoon-laaiers, LED-ligte, krag besparende ligte, elektroniese fluoresserende ligte, battery laaiers, elektriese tandeborsels, kragbanke, sonpanele en skakel modus kragbronne. Doen dieselfde vir toestelle in jou radio kamer.

Stuur die inligting na artoday@sarl.org.za voor 31 Desember 2017. Jy kan 'n verskil maak.

OKTOBER RAE DOKUMENTE

Die RAE-dokumentasie vir die suksesvolle kandidate van die Oktober 2017 RAE is aan die verskillende eksamensentrums regoor die land gepos. Van daar sal die dokumente beskikbaar gestel word aan die kandidate. Kontak asseblief jou eksamensentrum.

NARS GESLUIT VIR DIE VAKANSIE

Jy word daaraan herinner dat die Nasionale Amateurradiosentrum op Vrydag 15 Desember 2017 vir die Feesseisoen gesluit het. Die NARS sal weer op Maandag 8 Januarie 2018 vir besigheid heropen. Vir enige dringende navrae in hierdie tydperk, kontak asseblief secretary@sarl.org.za.

LOGBOEK VAN DIE WÊRELD VOEG ONDERSTEUNING BY VIR DIE CQ WAZ TOEKENNING

Deelnemers aan die Werk Alle Sones toekennings program van die CQ-tydskrif sal binnekort die Logboek van die Wêreld (LoTW) stelsel van ARRL kan gebruik om aansoek te doen vir die WAZ-toekenning en sy endossemente, het die ARRL en CQ op 14 Desember aangekondig.

Amateur radio-operateurs sal in staat wees om LoTW logstate te gebruik om lyste van bevestigde kontakte te genereer wat vir WAZ-krediet ingedien moet word. Standard LoTW krediet fooie en afsonderlike CQ-toekennings gelde sal van toepassing wees. Implementering, dokumentasie en interne toetsing van die skakel tussen LoTW en WAZ is voltooi. Die ARRL en CQ vergader nou 'n span eksterne beta-toetsers om te verseker dat die skakel gereed is vir wydverspreide gebruik. 'n Afsonderlike aankondiging sal gemaak word wanneer LoTW se ondersteuning vir CQ WAZ vir almal beskikbaar is.

LoTW het sedert 2012 die CQ WPX Toekennings program ondersteun. Die "Worked All Zones" is die tweede oudste aktiewe amateur radio toekennings program, na die Internasionale Amateur Radio-unie se Werk Alle Kontinente (WAC) toekenning.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

KYK UIT VIR 50 MHZ SSSP DX OM DIE SOMERSONSTILSTAND

Die somersonstilstand in die suidelike halfrond vind plaas op Donderdag 21 Desember 2017. Wees op die uitkyk vir kortpad somersonstilstand voortplanting (SSSP) DX op 50 MHz 'n paar dae voor, sowel as 'n week of so na die spits van die somersonstilstand vir moontlike DX openinge. Nieu-Seeland het reeds gedurende hierdie tydperk Suid-Amerikaanse stasies gewerk. Suid-Afrikaners moet SSSP-openings in die oggend na Australië en Nieu-Seeland en in die namiddag vir Brasiliaanse stasies soek. Wie sal die eerste ZS wees om 'n SSSP-kontak te maak?

NOU IS DIE TYD VIR SPORADIESE-E OPENING OP 50 MHz

Onlangs is die eerste Sporadiese E-kontak gedurende die seisoen van Rio de Janeiro oor 2 000 km na die noordelike deel van Brasilië gemaak. Hou 'n oog op die verste 50 MHz bakens en onthou ook die 'skip' afstand. Sporadiese-E openinge produseer baie sterk seine en kontakte kan selfs op lae krag gemaak word en hierdie sporadiese E-openinge piek gewoonlik in Januarie.

UNIEKE KONTAK MET ZS9YOTA VIA ALLSTAR 46765 + AREDN NETWERK NODE OP 12 DESEMBER 2017

Johan Terblanche, ZS1I, was verras om ZS9YOTA/mobiel oor die Amateur Radio Nood Data Network (AREDN) AllStar node, wat op ‘n Raspberry Pi werk, te hoor roep op 12 Desember. Johan het vinnig aan die AllStar node gekoppel via sy iPhone deur die Zoiper toepassing (VOIP) te gebruik. Kontak was gemaak met Chane Greeff, ZS4CG, 15 jaar oud van Sasolburg, ‘n passasier in haar pa, Riaan, se motor terwyl Johan in sy sitkamer gesit het. Sy het Echolink gebruik op ‘n selfoon met helder oudio. Hulle het lekker gesels en Johan het aan haar verduidelik dat hul gesprek gelyktydig op die AREDN AllStar 46765 Node, Echolink 108551 Node asook op die AREDN Mosselbaai Network (ZS1I-4 Node via 5,8 GHz) herlei word. Alles moderne tegnologie met die jong en die nie so jong radio amateur in gedagte. Chane het verduidelik dat die Desember YOTA Maand Gebeurtenis op jong mense gemik is wat belangstel in amateur radio of meer daaroor wil uitvind. Johan was hoogs beïndruk met die bedryf prosedures van hierdie jong dame en het haar daaroor geprys. ‘n Groot nuwe moderne kontak met moderne tegnologie!!

Ten slotte wil Johan graag al die jong en die nie so jong operateurs uitnooi om Jongmense op die Lug (ZS9YOTA) tydens Desember te ondersteun. Voel vry om enige van die volgende nodes te gebruik - Echolink node 108551 ZS1I-L; AllStar node 46765 ZS1I-L en/of AREDN node zs1i-4.local.mesh:8080/ (ZS1I-4 (Slegs toe gangbaar op 5,8 GHz)) Meer inligting op https://mosselbaymesh.co.za/

DIE 2018 SARL DAGBOEK VAN GEBEURE

Die 2018 SARL Dagboek van Gebeure sal in PDF formaat beskikbaar wees vir aflaai vanaf Dinsdag 19 Desember 2017 vanaf www.sarl.org.za/public/SARLDiaryOfEvents.asp. Redakteurs van Klub Nuusbriewe wat 'n afskrif van die dokument in MS Word wil hê, kan Dennis, ZS4BS by secretary@sarl.org.za kontak.

JANUARIE MRK VERGADERING

Nico van Rensburg, ZS6QL sal die gasspreker by die Magalies Radioklub se Januarie vergadering wees op 20 Januarie 2018. Die onderwerp is 'n kort oorsig oor die IARU Streek 1 se rol in amateur radio.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

26 Desember - sluitingsdatum vir artikels vir die Januarie Radio ZS
31 Desember - sluitingsdatum vir jou insette vir die opname van toestelle wat steurings veroorsaak, stuur dit na artoday@sarl.org.za. Ook die einde van 2017 CQ DX Marathon en YOTA maand
1 Januarie - begin van die ARRL Internasionale Ruit Jag en die 2018 CQ DX Marathon
8 Januarie – die NARS open vir besigheid
20 Januarie - SDR-werkswinkel by die NARS
19 tot 21 Januarie - die PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie
27 Januarie - die somer QRP kompetisie
30 Januarie - sluitingsdatum vir voorstelle en opsomming vir AMSAT SA Simposium besprekingsdokumente
31 Januarie - sluitingsdatum vir nominasies vir die Raads en SARL-toekennings en vir mossies vir die algemene jaarvergadering

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Radio-amateurs word uitgenooi om bydraes te lewer tot 'n opname van toestelle in jou huis- en radiokamer wat stygings in die geraas vlak in die RF-spektrum kan veroorsaak. Dit is wat die SARL wil hê jy moet doen is - Kyk in en om die huis en lys al die toestelle wat jy beskou as toestelle wat die bron van steurings op die radiospektrum kan wees. Stuur die inligting na artoday@sarl.org.za voor 31 Desember 2017. Jy kan 'n verskil maak.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur ............................................, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003